PERSVERKLARING
KONSTITUSIONELE HOF OORWEEG MENSWAARDIGHEID VAN ONGEBORE LEWE - 5 NOVEMBERPERSVERKLARING DEUR CAUSE FOR JUSTICE: 5 NOVEMBER 2021
* VIR ONMIDDELLIKKE VRYSTELLING *
ONDERWERP: “PERSVERKLARING: KONSTITUSIONELE HOF OORWEEG MENSWAARDIGHEID VAN ONGEBORE LEWE”
Die Konstitusionele Hof het gister argumente in die Voice of the Unborn Baby-saak aangehoor. Suid-Afrika se hoogste hof moet nou oor verskeie gewigtige vrae besluit. Met die eerste oogopslag, moet die hof oorweeg of alle ouers die reg het om die liggaamlike oorskot van hul ongebore kinders te begrawe. Op ‘n heel dieper vlak, moet die hof vasstel wat die grondwetlike waarde van ongebore menslike lewe is en wat dit beteken vir die manier waarop ongebore babas se oorskot hanteer moet word.
Die Applikante betwis die grondwetlikheid van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes en gepaardgaande Regulasies (die Wet), [1][2] en was grootendeels suksesvol in die Pretoria Hooggeregshof. [3] Die bevel van die Gautengse hof moet nou deur die Konstitusionele Hof heroorweeg word.
Menseregte-organisasie Cause for Justice (CFJ), wie aan gister se verrigtinge as ‘n ‘vriend van die hof’ party deelgeneem het, [4] het die grondwetlike waarde van menswaardigheid beklemtoon. CFJ se regsverteenwoordiger, Darryl Cooke, het geargumenteer dat “die waarde van menswaardigheid behels dat alle mense, insluitend ongebore babas, waarde het en met respek behandel behoort te word”. Advokaat Cooke het beklemtoon dat wanneer ouers verhoed word om hul ongebore kinders te begrawe, dit nie net ‘n skending van ouers se regte is nie, maar ook neerkom op die behandeling van mense asof hulle voorwerpe is. Om nie respek aan ongebore kinders en hul mensewaarde te toon nie, is nie in ooreenstemming met die grondwetlike waarde van menswaardigheid nie, het hy gesê. “Dit is nie net ouers wie ‘n belang het in hoe die oorskot van hul ongebore kinders hanteer word nie, maar ook die samelewing. Ons word almal verneder in ‘n sin, wanneer ouers ontneem word van ‘n keuse en kinders as ‘mediese afval’ verbrand word”. [5]
Die Voice of the Unborn Baby het op die regte van ouers gefokus. Die organisasie se regsverteenwoordiger het geargumenteer dat, as Suid-Afrika werklik die medemenslike samelewing is waarna die Grondwet streef, “sal ons ouers wie ‘n swangerskap verloor, vertroos en nie grooter hartseer veroorsaak nie”. Hy het verwys na bewyse wat bevestig hoe ouers sielkundige vertroosting en genesing kan vind deur hul ongebore kind te laat begrawe te midde van die liefde en ondersteuning van familie, vriende en hul gemeenskap.
Die Katolieke Aartsbisdom van Durban het aangevoer dat sy lede, asook talle ander Suid-Afrikaners (beide gelowig en nie-gelowig), ‘n fetus as ‘n menslike kind beskou. Die gevolg hiervan is, sou die fetus sterf, hul die liggaamlike oorskot sal wil begrawe. Die Aartsbisdom se regsverteenwoordiger het opgemerk dat dit ironies is dat Suid-Afrikaners toegelaat word om hul troeteldiere te begrawe, terwyl alle ouers nie hul eie kinders kan begrawe nie. Hierdie ouers beleef ‘n dubbele verlies, het hy gesê: die tragiese verlies van hul ongebore kind en die trauma om verhoed te word om hul kind te begrawe. “Die Suid-Afrikaanse Grondwet stel ‘n samelewing voor waar mense hul geliefdes ooreenkomstig hul geloof kan begrawe, terwyl ander ewe vry is om nie so te doen nie”.
‘n Paar van die konstitusionele regters het bevraagteken of die letter van die Wet werklik ouers verbied om babas wat sterf vanweë miskrame of aborsies, te begrawe. Beide Applikante en Cause for Justice het die praktiese realiteit beklemtoon: ongeag die hof se interpretasie van die Wet, word hierdie ouers tans verhoed om hul babas se oorskot te ontvang. Al drie partye was eens dat hierdie stand van sake benadruk hoe belangrik dit vir die hof is om te verklaar dat alle ouers die reg het om hul ongebore babas se liggaamlike oorskot te begrawe.
Die Minister van Binnelandse Sake (die Eerste Respondent) het die waarde en reg tot menslike lewe beklemtoon asook die implikasies hiervan vir die beskerming van ‘potensiële lewe’. [6] Die regsverteenwoordiger het geargumenteer dat ‘n fetus deur ‘kwasi-regte’ beskerm word en dat hierdie beskerming toeneem namate die fetus ontwikkel. Sy het egter ook aangevoer dat enige ‘kwasi-reg’ tot lewe wat ‘n fetus mag geniet, regmatig beperk kan word as gevolg van die administratiewe las wat met die skeiding en berging van fetale oorskot gepaardgaan. Die Katolieke Aartsbisdom het hierop reageer, deur uit te wys dat daar geen bewyse voorgelê is dat hierdie las waarskynlik sou realiseer nie, en verder, dat die saak nie oor die beskikbaarheid van staatshulpbronne gaan nie, maar oor die bestaan van grondwetlike regte. Verder, het Cause for Justice uitgewys, dat die Minister fouteer het deur nie in te sien dat ‘potensiële lewe’ reeds bestaan voor ‘lewensvatbaarheid’ bereik word. [7]
Die Minister of Gesondheid (die Tweede Respondent) het geargumenteer dat die werklike probleem nie by die Wet lê nie, maar eerder by munisipale verordeninge. Die regsverteenwoordiger het aangevoer dat elke munisipaliteit self moet bepaal wat met fetale oorskot moet gebeur. Die Katolieke Aartsbisdom het uitgewys dat die munisipale verordeninge onderworpe aan die Wet is en dat dit verder onwerkbaar sou wees vir elkeen van Suid-Afrika se munisipaliteite om afsonderlik te bepaal hoe menslike liggaamlike oorskot hanteer moet word.
Twee ander ‘vriend van die hof’ partye (amici/die WLC) het ook aan die saak deelgeneem. [8] Hierdie amici het hul vertoë gefokus op toegang tot aborsie en voorafgaande berading. Die Katolieke Aartsbisdom het uitgewys dat die WLC geen bewyse aangebied het ter ondersteuning van hul aantuiging dat om vroue ‘n keuse te gee, toegang tot aborsie sal beperk nie. Die regsverteenwoordiger het verder opgemerk dat dit ironies is dat die WLC – wat kwansuis so sterk verbintenis het aan mense se vryheid en vermoë om hul eie besluite in hul eie omstandighede te neem – klaarblyk vrouens wat aborsies ondergaan, wil ontneem van die vryheid en vermoë om self te besluit wat met die oorskot van hul fetus moet gebeur.
***
Nadat alle partye aangehoor is, het die Konstitutsionele Hof verdaag met die uitspraak voorbehou. Die hof sal nou die regsargumente en getuienis wat aangebied is oorweeg sodoende ‘n beslissing te bereik. In die tussentyd bly Cause for Justice oortuig dat die enigste gepaste uitkoms een sal wees wat die Grondwet en grondwetlike waardes en belange – veral die fundamentele waarde van menswaardigheid – sal beskerm en bevorder ten opsigte van alle, en nie net sommige, mense nie. Volgens die menseregte-organisasie, is dit die bepaalende beginsel wat die hof se besluit moet rig.
[PERSVERKLARING EINDIG]
Vir verdere navrae, kontak CFJ by:
Epos: info@causeforjustice.org
Tel: 074 355 0775
Eindnotas:
[1] Die Eerste Applikant is die Voice of the Unborn Baby (‘n niewinsgewende organisasie) en die Tweede Applikant is die Katolieke Aartsbisdom van Durban.
[2] Die Hooggeregshof het sekere dele van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, 1992 en die Regulasies op die Bestuur van Menslike Oorskot, 2013, ongrondwetlik verklaar tot die mate wat dit ouers van ongebore babas wat voor 26 weke van ontwikkelling in die baarmoeder sterf, die reg om hul baba se oorskot te begrawe, ontneem.
[3] Die Hooggeregshof het verklaar dat ouers van ongebore babas wat vanweë ‘natuurlike oorsake’ sterf, die reg het om hul baba te begrawe (ongeag hoe lank of kort die baba in die baarmoeder was). Die hof het egter versuim om hierdie reg aan ouers wie se babas vanweë ‘menslike intervensie’ sterf (bv. aborsie of mediese nalatigheid), te verleen.
[4] ‘n ‘Vriend van die hof’ party, of ‘amicus party’, bied regsargumente en getuienis aan ten einde die hof by te staan met die interpretasie en beoordeling van grondwetlike waardes, regte en belange wat deur ‘n saak geïmpliseer word.
[5] ‘Mediese afval’ bestaan uit die oorblyfsels van mediese of chirurgiese prosedures.
[6] Die Minister van Binnelandse Sake het aangevoer dat ‘potensiële lewe’ eers by ‘lewensvatbaarheid’ ontstaan (m.a.w. by 26 weke van ontwikkelling in die baarmoeder).
[7] CFJ se regsverteenwoordiger het verwys na mediese deskundige getuienis en gesaghebbende buitelandse hofuitsprake wat wetenskaplik en regstens bewys dat ‘potensiële lewe’ en die staat se belang om dit te beskerm, reeds by bevrugting begin.
[8] Die Women’s Legal Centre en Social and Reproductive Justice Coalition.
Lees meer oor CFJ se betrokkenheid by die hofsaak:
- Mail & Guardian meningstuk – 2021.04.14 – High court ruling to allow parents to bury unborn babies offers dignity, but not to all.
- CFJ webjoernaal – 2021.04.07 – On deciding ‘who is human?’.
- CFJ webjoernaal – 2019.11.07 – The question at the heart of it all.
- CFJ saak-blad – Voice of the Unborn Baby court case.
Vorige persverklarings:
- 2021.11.04 – ConCourt considers dignity of unborn human life.
- 2021.11.04 – Unborn babies’ ‘day in court’ has finally arrived.
- 2021.10.12 – Constitutional Court asked to acknowledge the humanity of unborn babies
- 2021.03.31 – ‘Not wanted’ does not equal ‘not human’.
- 2019.11.15 – Voice of The Unborn Baby – Final day of court hearing.
- 2019.11.14 – Voice of The Unborn Baby – First day of court hearing.
- 2019.09.02 – Right to bury miscarried babies to be decided soon.