MEDIA-VERKLARING: 11 SEPTEMBER 2017

‘VOICE OF THE UNBORN BABY’ HOFSAAK: EERSTE HOF-VERSKYNING

Die Pretoriase Hooggeregshof het op Maandag, 11 September 2017 vir die eerste keer die partye in die hofsaak oor wettige begrafnisse vir ‘stil-gebore’ babas aangehoor.

Die Applikant in the saak, Voice of the Unborn Baby NPC, het aansoek gedoen by die hof om die opponering van die twee Respondent Ministers (van Binnelandse Sake en van Gesondheid) te skrap. Die Ministers het tot dusver ‘hulle voete gesleep’ (by wyse van spreke) om hulle Beantwoordende hofstukke, wat die basis vir hulle opponering moet uiteensit, by die hof te liasseer.

BASIS VAN DIE HOFSAAK

 Die Applikant het op 8 Maart 2017 aansoek gedoen vir ‘n hofbevel om sekere bepalings van die Wet op Registrasie van Geboortes en Sterftes (Wet 51 van 1992) en die Regulasies op die Hantering van Menslike Oorskot ongrondwetlik te verklaar. Die effek van die gevraagde regshulp, indien toegestaan, sal wees dat ouers wat babas voor 26 weke in utero verloor, geregtig sal wees om die liggaampie van hulle ‘stil-gebore’ baba te ontvang en ‘n begrafnis te hou, indien hulle sou wou.
Die huidige stand van die Suid-Afrikaanse reg is dat babas wat voor 26 weke stil-gebore word, tegnies ‘mediese afval’ is (oorskot van mediese/chirurgiese prosedures) en so hanteer word, sonder ‘n duidelike reg vir ouers om hulle baba se liggaam te ontvang vir doeleindes van ‘n begrafnis.
Die Ministers het in April kennis gegee dat hulle die aansoek opponeer, maak het nogsteeds nie hulle beantwoordende beëdigde verklarings afgelewer nie.

CAUSE FOR JUSTICE SE BETROKKENHEID

 Cause for Justice (CFJ) het die partye se toestemming bekom om aan die saak deel te neem as ‘n vriend van die hof (amicus curiae) om die hof te help in die interpretasie en toepassing van tersaaklike grondwetlike regte, waardes en belange wat deur die feite impliseer word.
Volgens CFJ prokureur, Ryan Smit is:
“Die huidige stand van die reg [is] ‘n afskuwelike ongeregtigheid, wat uitgedaag en gekorrigeer moet word. Die lewe wat binne die baarmoeder groei is menslik en as sodanig moet alle menslike lewe – of dit nou 26 weke en 1 dag of 25 weke en 6 dae oud is – behandel word met die waardigheid en respek wat ‘n liefdevolle ouer aan die verlies van so ‘n kosbare lewe wil betoon.
Wanneer iemand ‘n baba verloor, verloor hulle ‘n geliefde – en almal moet geregtig wees om hulle geliefdes te begrawe.”

HOF SE REASIE EN VOLGENDE STAPPE IN DIE LITIGASIE

Die hof het vandag die skrappingsaansoek uitgestel en die partye aanbeveel om die Adjunk Regter President van die hof te nader vir tyds-riglyne vir die verdere voer van die saak.
Daar word verwag dat die partye die uitruiling van hofstukke sal finaliseer rondom einde Oktober 2017 en dat die saak waarskynlik aangehoor sal word in die eerste kwartaal van 2018.
CFJ het ook verneem dat ‘n Kerk-groepering in Suid-Afrika gereedmaak om by die saak betrokke te raak namens hulle lede. Baie persone van geloof glo dat menslike lewe ontstaan op die oomblik van verwekking (“conception”) en sodanige persone behoort regtens in staat gestel te word om erkenning te gee aan die einde van lewe (voor lewendige geboorte) met die waardigheid van ‘n begrafnis.
[MEDIA VERKLARING EINDIG]
Vir navrae, kontak CFJ by:

E-pos adres: info@causeforjustice.org

Telefoonnommer: 083 235 1511

CAUSE FOR JUSTICE

Subscribe to our newsletter!

Thank you for subscribing!

LET'S RAISE OUR VOICE

Share this on your social networks.